skip to Main Content

Christelle & Stephan Blom

Christelle & Stephan Blom

Ons storie het ñ hele paar jaar begin voor ons Dr Jaco Strydom ontmoet het.  In 2011 is ons dogtertjie onverwags vroeg gebore op 27 weke.  ‘n Paar komplikasies het ontwikkel as gevolg van die vroeë geboorte en sy is serebraal gestremd.  Verstaanbaar was ons dus skrikkerig om weer swanger te raak.  Ons was by verskeie ginekoloë daarna, maar niemand kon met sekerheid sê hoekom die vroeë kraam gebeur het nie.

Intussen het ek miome ontwikkel en is ek deur n ginekoloog na Dr Strydom verwys.  Na konsultasie met Dr Strydom is besluit om die miome deur middel van laparoskopie te verwyder.  Gedurende die prosedure het Dr Strydom ñ septum in my uterus ontdek.  Dit was in alle waarskynlikheid die oorsaak van die vroeë geboorte.  Dr Strydom het kans gesien om weer te opereer om die septum te verwyder.

Na al die prosedures en opvolg konsultasies is ons seuntjie gesond en vol termyn gebore (8 jaar jonger as sy sussie).  Dr Strydom het gedurende die hele pad met ons baie deernis en empatie getoon.  Hy het die pad met ons gestap in geloof en ons sal altyd dankbaar wees vir sy kundige raad en uitstekende en professionele hantering van die diagnose.

Dr Strydom toon aan sy patiënte meer as die nodige respek en “bedside manners” en laat mens altyd op jou gemak voel.  Sy reputasie as uitmuntende chirurg en dokter loop hom vooruit.  Baie dankie Dokter Jaco vir jou volgehoue belangstelling en omgee.

Back To Top